Inleiding

Die Kospakkie-projek is in 2005 deur 'n christelike bybelstudiegroep van Pretoria geloods.

Die doel van die projek is om na minder bevoorregte mense in Pretoria uit te reik, en iets aan hulle te oorhandig om te help om in hul basiese behoeftes te voorsien.

Daar word maandeliks kruideniersware in groot maat gekoop, en dan word dit in kospakkies verdeel. Die pakkies se waarde beloop so tussen R90 en R100. Hierdie pakkies word dan uitgedeel aan mense op straat, of waar versoeke ontvang word van gesinne wat finansieŽl swaarkry.

Huidiglik is daar 'n vaste afset gebied vir ongeveer 350 kospakkies. Dit sluit slegs mense in wat ons spesifiek genader het, en dan het ons nog nie eens die mense op straat bereik nie. Weens finansiŽle redes word daar huidiglik slegs ongeveer 50 - 120 pakkies per maand opgemaak en versprei.

Ons vra vir u finansiŽle ondersteuning in hierdie gemeenskapsprojek.

 

Inhoud

'n Tipiese kospakkie se waarde is nagenoeg R80 en sal gewoonlik uit die volgende bestaan:
1 Evangeliese boek/pamflet
1 blikkie Bully Beef
1 blikkie Baked Beans
1 blikkie Spaghetti in Tamatiesous
1 blikkie Gemengde Groente
1 blikkie Sardientjies in tamatiessous
2 pakkies Kits Sop
1 pakkies Kits Maalvleis (Soya Mince)
1 pakkie Suiker (250g)
1 blikkie Konfyt
1 pakkie Pasta/Pap
1 pakkie Rys
1 buisie Tandepasta
1 koekie Seep
Tee